This printable matching worksheet on the topic of Afrikaans has 26 questions and answers to match. This matching worksheet is also available to download as a Microsoft Word document or a PDF.
ʼn Regeringsvorm van verteenwoordigers deur die hele bevolking gekies en word gekenmerk deur vryheid van spraak
Die wet wat die regeringsvorm van die staat, die funksies van die staatsinstansies en die verpligtinge en regte van landsburgers bepaal. Ook genoem die konstitusie.
Die program vir die bestuur van iets (land)
Wanneer ʼn beleid wat deur ʼn politieke party gevolg word, verander as gevolg van omstandighede of ʼn ander party wat aan bewind kom.
Wanneer mense op grond van hulle ras, klas of etniese voorkoms in groepe geskei word
Tydperk van insinking, swak verkope, lae pryse en werkloosheid.
Wanneer mense as ʼn groep weier om verder te werk omdat hulle ontevrede is oor ʼn saak of optrede of omdat hulle ander werksomstandighede eis.
ʼn Kamp waarheen “soldate”, wat gevang is tydens gevegte, gestuur word om hul uit die gevegsfront te haal.
Mense wat in opstand kom teen die wettige owerheid
Misdadige optrede om die regering van die staat omver te werp.
Wanneer ʼn persoon deur ʼn vuurpeleton geskiet word nadat hy aan ʼn politieke misdaad skuldig bevind is, soos Hoogverraad
Wanneer ʼn land of staat deur ʼn ander staat of land regeer word en nie sy eie besluite kan neem nie.
ʼn Regeringsvorm waar die land se burgers deur ʼn verkiesing die regerende party aanstel. ʼn President is die staatshoof.
Waar die bestuur van die land plaasvind. (Uniegebou – Pretoria)
Waar die parlement sitting neem en waar die wette gemaak word. (Parlementsgebou – Kaapstad)
Waar die hooggeregshof is. (Bloemfontein)
Wereldwye organisasie vir vrede, hulp en bystand.
Wanneer sy volk teen sy regering in opstand kom.
Wanneer ʼn land in isolasie geplaas word, en daar geen handel met ander lande mag plaasvind nie.
Wanneer een persoon die land regeer en besluite neem.
Dis ‘n Volkstemming wat gehou word oor ‘n saak waarvoor 'ja of nee' gestem word.
Bevolkingsgroepe soos swart, wit, kleurlinge word geskei in sport, skole, openbare vervoer, ontspanning en woongebiede.
Word saamgestel uit verskillende rasse, volke en individue. Dis al die mense wat binne dieselfde landsgrense woon. Dit is 'n politieke eenheid.
Groep mense wat dieselfde taal, kultuur en historiese ontwikkeling besit. Dit is 'n kulturele eenheid
Groep mense van ʼn gemeenskaplike afkoms wat gekenmerk word aan uiterlike ooreenkomste, dieselfde belange en gewoontes. Dit is 'n biologiese eenheid
Dis die dinge wat ‘n groep mense op dieselfde manier doen. Dit sluit goed in soos eetgewoontes, ontspanning en vermaak. Bv. Die Afrikaner is lief vir vleisbraai, dans, musiekfeeste en rugby.