This printable crossword puzzle on the topic of Afrikaans has 13 clues. Answers range from 4 to 21 letters long. This crossword is also available to download as a Microsoft Word document or a PDF.
Kreatiewe skryfwerk voorsien gewoonlik ʼn goeie bewys van leerders se kreatiwiteit en kan ook die kennis en vaardighede wat hulle opgedoen het, reflekteer. Kreatiewe skryfwerk is ook ʼn goeie vorm van assessering vir die assessering van waardes.
Dit is ʼn spesifieke skryftaak. Kriteria word vasgepen voor die voorbereidingstyd van ʼn funksionele skryftaak en leerders moet dan daarop reageer. Funksionele skryfwerk kan gebruik word om kennis, ʼn paar vaardighede en waardes te assesseer.
Mondelinge aanbieding kan goeie insigte bied met betrekking tot leerders se kennis en waardes. Dit kan gelei word deur kritiese vrae, wat insig gee omtrent die vaardighede wat ontwikkel is.
Hierdie vorm van assessering vereis van leerders om mondeling of skriftelik te reageer op ’n gegewe teks. Dit help om leerders se vermoë te assesseer om kennis, vaardighede en waardes binne ʼn gegewe konteks of scenario toe te pas.
Hierdie vorm van assessering maak voorsiening vir ʼn holistiese evaluering of assessering van leerders se vermoë om kennis, vaardighede en waardes te kombineer deur ondersoeke te onderneem. Kriteria moet voorsien word vir die verskillende stadia van die ondersoekproses.
Soos ondersoekaktiwiteite maak projekte ook voorsiening vir ʼn holistiese assessering van leerders se vermoë om kennis, vaardighede en waardes in die konteks van die projek toe te pas. Verskillende stadia van die projek kan apart geassesseer word, asook die projek as geheel.
Die gebruik van gevallestudies is ʼn manier om te assesseer of leerders kennis, vaardighede en waardes in ʼn ander konteks kan toepas.
Navorsingstake assesseer leerders se vermoë om werk onafhanklik te onderneem en om kennis van een konteks na ʼn ander te bring.
Rolspel maak voorsiening vir assessering van uitdrukkingsvaardighede en is ook baie nuttig vir die assessering van waardes. Rolspel kan ook gebruik word om die assessering van die toepassing van kennis van een konteks na ʼn ander te assesseer.
Toetse is nuttig om die herroeping van kennis te assesseer. Dit kan ook verstaan of begrip assesseer. As vrae noukeurig en akkuraat voorberei word, kan dit ook die toepassing van kennis en sekere vaardighede assesseer.
Soos projekte en ondersoeke maak take ook voorsiening vir ʼn meer holistiese assessering van kennis, vaardighede en waardes en hulle toepassing in verskillende kontekste.
Praktiese demonstrasies is ook baie nuttig vir die assessering van vaardighede en hulle toets hoe leerders kennis en waardes in vaardighede demonstreer.
Simulasie is soortgelyk aan praktiese demonstrasies, behalwe dat dit dikwels iets onrealisties demonstreer. Dit is nuttig vir die assessering van die toepassing van kennis, vaardighede en waardes binne verskillende kontekste.