This printable crossword puzzle on the topic of Economics & Business has 22 clues. Answers range from 7 to 25 letters long. This crossword is also available to download as a Microsoft Word document or a PDF.
Kurwe met ʼn afwaartse helling wat die verhouding tussen prys & hoeveelheid oor ʼn tydperk aandui
Dui die verband tussen die prys & hoeveelheid wat produsent gewillig is om te lewer oor ʼn tydperk.
Dui die verskillende vlakke & vorme van mededinging aan.
Onbelemmerde mededinging in markte (meeste mededingend)
Produkte identies – nie ooglopende verskille
Onderneming wat nie sy eie pryse kan bepaal nie.
Onderneming stel die prys vas wanneer hy besluit hoeveel hy gaan aanbied
Enkel verkoper van goedere waar daar nie naby substitute bestaan nie (Minste mededingend)
Nywerhede wat baie kopers & verkopers het & relatief toeganklik is, maar goedere gedifferensieerd
Bestaan uit klein aantal dominante produsente – soortgelyke / identiese produkte verkoop
Produkte nie identies aan soortgelyke produkte nie - verskil effens
Is die abstrakte dinge wat van die manifestasie van reële dinge afgelei word
Dit is die gemiddelde inkomste verdien deur ʼn persoon in ʼn gegewe gebied binne ʼn tydperk van ʼn jaar. ( Totale inkomste/ getal eenhede)
Die ekstra inkomste wat ʼn verkoper ontvang as hy een addisionele eenheid produseer en verkoop. (Byvoegings tot Totale Inkomste)
Die totale koste/aantal eenhede (hoeveelheid) geproduseer van die mark
Die ekstra koste om een eenheid meer as die hoeveelheid waarvoor reeds beplan is te maak.
Maatstaf van gevoeligheid of sensitiwiteit. Wanneer twee veranderlikes met mekaar verband hou, wil n mens dikwels weet hoe sensitief/gevoelig die afhanklike veranderlike vir veranderings in die onafhanklike veranderlike is
Die verskil tussen totale inkomste en die geleentheidskoste van alle hulpbronne wat in die produksie van die goedere/dienste wat verkoop is, gebruik is (sluit implisiete & eksplisiete kostes in & verskil van wins soos rekenmeesters dit bereken) (dit is ʼn Surplus tot koste)
Beskryf oortollige bates (inkomste, winste, kapitaal en goedere). Dit is ʼn oorskot wat plaasvind in ʼn begroting wanneer uitgawes minder is as die inkomste wat in voorraad geneem word gebruik word as wat behou word. (hou verband met vraag & aanbod)
Die minimum verdienste wat sal verhoed dat entrepreneurs hul produksiefaktore elders aanwend (wins wat net genoeg is om te verseker dat die besigheid sal voortgaan om die bestaande goedere of dienste aan te bied) (koste-item = omdat dit is entrepreneurs se vergoeding is
Die totale waarde van die firmas se verkope. (Prys × Hoeveelheid)
Koste om ʼn sekere hoeveelheid van n firma se produk te produseer.